Desember 2017
Heil die Leser
2017 maak eersdaags sy finale buiging. Die oue word vervang met die nuwe. ’n Dinamika wat dag in en dag uit vloei en in sirkels oor geslagte heen herhaal en herhaal. Lesse wat in tyd omskep word of is dit tyd wat in lesse omskep word. Tyd is niks anders as ’n les nie. Dit is die instrument wat ons leer, ons toelaat om te groei al dan nie. Vir die individu maar ook vir die kollektiewe individu, die gemeenskap of die nasie.
Daarom is ons krises altyd die antwoord op ons gebed vir groei. Elke keer wat ons gemaksone omgegooi word, is dit om die verandering waarna ons soek, in te trek en moontlik te maak. Buite hierdie dinamika is daar min motivering om te verander. Ons hou nie van die waarheid nie. Ons het geleer om draaie om dit te loop. Ons water dit af met allerhande geestelike kosmetiese tricks, enige iets om die onvermoë van ons eie-ek om liefdevol, nederig en opreg te wees, weg te steek en in beheer van ons lewe te hou. Jean Marie Combrink het die gebed van haart hart in ’n gedig uitgedruk. Kom ons maak dit die gebed van ons eie hart en van ons dorp.
Nagte van verlange, na tye lank gelede Onblusbaar die begeerte van U bors teen my kop My knieë skuur deur, pleitdooi van gebede Ek kyk vas in stof van n hart wat top Tyd leer my geduld, hande omhoog vir ñ rede. Here waar is U stem heen, ek kyk rond Ek soek na antwoorde, net n klein stukkie hoop Weereens druk U my af tot in die grond Meskien mis ek iets, ek roep na antwoorde te koop Ek lê in die stof, my oor soek na U mond. Dis hier waarheen ek vlug as my hart wil uitspring As ñ toekoms sonder hoop vir my staan en kyk Konings gebied ontbloot, tussen stof weer ñ begin Hoe kan U na ñ vuil bruid soos ek uit reik Trane en stof maak strepe wat heling bring. Oor en oor maak ek soos Lot se vrou Wens ek na tye lank gelede Keuses bepaal mens se hele lewe, tot noù Om te laat gaan bring tog op ñ manier vrede Wat help dit om met jou alles daaraan vas te klou. Groete Amanda Kreitzer